Professional make-up artist & Hair stylist+27 (0) 083 9939 050info@aliciabuckle.co.za

Lydia & Lance

Project 11 of 26

Ohhh ek was sooo opgewonde toe Christine my eendag bel, en vra of ek oopplekie het in my dagboek vir iemand baie spesiaal!!! Dit was vir my n reuse, reuse groot vooreg om Lydia se hare en make up te doen!!!!!

Elke seconde, saam met hierdie pragtige bruidjie, was n seen vir my, sjoe, Lydia is nie net beeldskoon nie, maar haar hart en haar liefde vir Jesus, maak dat mens net die hele tyd by haar wil wees.

Lydia, wou iets meer modern he, en ek het n fees gehaad om die hare en make up te kon doen, sy het nie omgegee vir n bietjie meer make up nie…. Yehhhh!!!

Sjoe, iets wat vir my so uitgestaan het, is die liefde wat Lydia en Lance vir mekaar het, dit straal soos n sonskyn, ek verstaan so goed, hoekom Jesus so baie in die bybel praat van die bruid, want daar is niks mooier as n bruid nie.

Baie dankie Lydia dat ek kon deel wees van jou mees spesiale dag! Dit was vir my n groot blessing!!!!

Photography: Catherine Mac
Accessories:
Magda Grové Bridal
Dress: Magda Grové Bridal
Hair & Make-up: Alicia Buckle

Menu